Saturday 02 June 2012

En toe is my gare op...


Hier sit ek, heel gelukkig agter die naadlwerkmasjien. Eweskielik vra 'n klein stemmetjie vir my: "hoeveel gare het jy oor?" Ek bekyk die tol in die masjien, en merk op dat ek nie veel gare oor het nie. Ek staan op en gaan na my gare kassie, en merk op dat ek gladnie meer van hierdie gare het nie...hmmm. Dit beteken ek moet nou eers weer gare koop voordat ek verder aan Boetie 1 se kwilt kan werk. Ek het egter redelike goeie vordering gemaak hierdie naweek.

Here I am, very happy behind the sewing machine. Suddenly, a little voice asks me: "how much thread do you have left?" I study the spool in the machine, and notice that it is almost finished. I get up and go to my thread cabinet, and notice that I don't have any more of this thread...hmmm. This means that I need to buy some more before I can go on working on Brother 1's quilt. I did however manage to make some good progress on it this weekend.


Nog net twee rye en die randstrook, dan is die bo-kant klaar.
Geniet jul naweek!

Just two more rows and the border, and then the top is finished.
Enjoy your weekend!

Monday 28 May 2012

Bloggers' BOM 8 en 9

Hierdie naweek was 'n heerlike tyd om naaldwerk te doen. Dit was koud en het gereën. Ek het 'n klein bietjie aan my groot projek gewerk, maar later besluit om eerder aan my kleiner projekte aandag te gee. Dus het ek my Bloggers' BOM materiale nader gesleep en blokke 8 en 9 voltooi.

This weekend was a wonderful time to do some sewing. It was cold and raining. I worked a little bit on my big project, but later decided to rather spend time on my smaller projects. So I pulled closer my Bloggers' BOM fabrics and completed blocks 8 and 9.

Blok 8 is aangebied deur Amy Lobsinger van Mrs. Schmenkmen Quilts.
Block 8 is from Amy Lobsinger over at Mrs. Schmenkmen Quilts.


Blok 9 is aangebied deur Cathy Underhill van Cabbage Quilts.
Block 9 is from Cathy Underhill at Cabbage Quilts.



Hier is al die blokke tot dusver voltooi. Ek begin alreeds die rand beplan, maar dit moet eers bietjie wag totdat die BOM klaar is... Indien ek my sin kry, gaan hierdie 'n snoesige skoot kwilt wees.

Here are all the blocks, as currently completed. I am already panning the border, but it must still wait a while untill the BOM is finished... If I get my way, this will be a lovely lap quilt.


Dis hoe ek die naweek deurgebring het. Wat het julle gedoen? Groete!
Ns. Daar is nog tyd oor om te stem by die Bloggers Kwiltfees op Amy's Creative Side. Gaan loer daar ek stem vir jul gunstelling kwilt!

This is how I spend my weekend. What did you do? Regards!
Ps. There is still time to vote at the Bloggers' Quilt Festival at Amy's Creative Side. Go take a look and vote for your favorite quilt!


Sunday 20 May 2012

Bloggers' Quilt Festival


Amy van Amy's Creative Side bied 'n Kwiltfees aan. Daar is, soos altyd, wonderlike en asemrowende kwilte om te sien en bewonder. Ek het besluit om my Raggedy Ann and Friends kwilt in te skryf.

Amy from Amy's Creative Side is hosting a Quilt Festival. There is, as always, lots of wonderful and inspiring quilts to see and admire. I decided to enter my Raggedy Ann and Friends quilt.


Vir diegene wat nie gereeld my blog lees nie, Raggedy Ann and Friends is 'n kwilt wat ontwerp en aangebied is as 'n BOM deur Kaaren Johnson van The Painted Quilt. Kaaren het haar kwilt in 'n "scrappy style" gemaak. My weergawe is gedoen in skakerings van bruin, om 'n sjokolade voorkoms te gee. Deur die BOM te volg, het daar 'n paar vriendskappe ontstaan, en het ek 'n paar nuwe tegnieke en patrone geleer.  Toe die BOM begin het, het ek skaars 2 jaar gekwilt, en was dus nog baie nuut in die wêreld van kwilte.

Die kwilt bestaan uit laswerk en borduurwerk. Dit is 197cm (77.5 inch) x 156cm (61.4 inch). Ek het dit met die naaldwerkmasjien gekwilt, deur reguitlyn-kwiltwerk metodes te gebruik. Die kwilt is in April 2012 voltooi.

For those not familiar to my blog, Raggedy Ann and Friends is a quilt designed and hosted as a BOM by Kaaren Johnson from The Painted Quilt. Kaaren made her quilt as a scrappy quilt. My version is made in shades of brown, to give it the chocolate look. By following the BOM, friendships were formed and I learned a few new techniques and patterns. At the time the BOM started, I  only quilted for 2 years, and was thus still very new in the quilting world.

The quilt consist of patchwork and embroidery. It measures 197cm (77.5 inch) x 156cm (61.4 inch). I machine quilted it, using straight line quilting methods. The quilt was finished in April 2012.

Hier is nog 'n paar foto's: / Here are a few more photos:




Vir meer kwilte en inspirasie, gaan na die Kwiltfees by Amy's Creative Side. Groete vir eers!

For more quilts and inspiration, go to the Quilt Festival over at Amy's Creative Side. Regards for now!

Friday 18 May 2012

Vordering

Ek het uiteindelik bietjie tyd gemaak, en agter die naaldwerkmasjien ingeskuif. Die eerste ry van Boete 1 se kwilt is klaar. Ek kan nie dink waarom ek so lui is vir kwiltwerk nie, maar ek hoop om dit te oorwin. Hierdie kwilt is baie prent om te maak, en die stikwerk gaan redelik vinnig.

I finally made the time to move in behind the sewing machine. The first row of Brother 1's quilt is finished. I can't imagine why I am so lazy for quilting, but I hope to beat it soon enough. This quilt is quite fun to make, and the stitching does go rather quickly.


Die ry meet 152.5 cm (60") by 31.5 cm (12.40"). / The row measures at 152.5 cm (60") by 31.5 cm (12.40").


Nog net vier rye om te stik... Tot later! / Just four more rows to go... Until later!



Wednesday 16 May 2012

Te oulik vir woorde!

Ek het vandag op hierdie oulike Rooikappie-pop afgekom. Dit het my nie baie lank geneem om "haar" te koop nie. Maar, "sy" het 'n interessante verrassing...

I came across this cute Red Riding Hood doll today. It didn't take me very long to buy "her". But, "she" has a very interesting secret...


...want as jy haar omdraai en haar rokkie omdop, dan kry jy vir Ouma...

...because if you turn her around and pull the dress over her head, you get Grandma...


...en as jy Ouma se kappie oortrek, dan kry jy die Wolf (in Ouma se klere) met tande en al!

...and if you pull Grandma's hood over her head, you get the Wolf (in Grandma's cloths) with teeth and all!



Hmm, waar dink julle sal die houtkapper dan nou wees? Ek is baie lus om nog een te gaan koop, sommer net omdat dit oulik is.

Hmm, where do you think the lumberjack is? I am tempted to go and buy another one, just because it is so cute.

Groete / Regards

Tuesday 08 May 2012

Nie veel gedoen...


Sedert ek Boetie 1 se kwilt gesny het, het ek nie veel daaraan of aan enige ander projek gewerk nie. Dink ek het iewers langs die pad bietjie lui geraak. Ek was steeds nie tevrede met die grootte nie en het nog 'n ry bygesit. Drie van 25 blokke is darem al gestik. 'n Mens kan nie glo hoe die blok krimp wanneer jy dit gestik het nie!

Groete!

Since I cut the fabrics for Brother 1's quilt, I haven't done much. I think I got lazy somewhere along the line. I still wasn't satisfied with the size, so I added another row. At least 3 of 25 blocks are sewn. One can't believe the shrinkage when a block is sewn!

Regards!

Friday 27 April 2012

Die fases van my kwit

In plaas daarvan dat ek huidige projekte voltooi (inhaal van die NYB Quilt Along en die Blogger's BOM) het ek eerder besluit om 'n nuwe projek te begin. Hierdie projek is op my lysie, dus voel ek nie te skuldig nie :)

Ek het nog nie eers 'n steek vasgelê nie, maar ek kan alreeds 'n klomp fases sien waardeur 'n kwilt moet gaan:

In stead of completing existing projects (catching up of the NYB Quilt Along and Blogger's BOM), I started a new project. This project is on my list, so I am not feeling too guilty :)

I haven't made one stitch yet, but I can already see a few phases through which a quilt must go:

1.  Voorbereiding (beplanning, aankope en snywerk) / Preparation (planning, purchasing and cutting)

Hierdie fase is die begin van die begin. Hier droom jy oulike patrone en kleurskemas op, koop die korrekte (m.a.w. baie) hoeveelheid materiaal en begin sny.

This phase is the start of everything. You dream up some lovely patterns and colour schemes, buy the correct (in other words "a lot") amount of fabric and start cutting.


2. Legkaart bou / Building the Puzzle

Nou begin jy die stukkies materiaal groepeer en plaas, soos wat jy dit in jou wonderlike droom gehad het...en dan besef jy iets lyk nie heeltemal reg nie...

Now you group and place the fabric, just as you had it in your wonderful dream...and then realize something is not quite right...


In my wonderlike droom, het ek gesien hoe die kleure van lig na donker vloei deur die kwilt. Maar die metode wat ek gebruik het om die kleure te laat vloei, is eintlik besig om die kleure in mekaar in te gooi! O wel, daar gaan my "nuwer wetse" idees.

In my wonderful dream, I saw the colours flow from light to dark. But in reality, the method I chose resulted in the colours being thrown at each other! Well, so much for "new school" ideas.

3. Regstellings / Adjustments

Die wonderlike droom is nou realiteit, en nou begin jy nugter dink. Vinnig-vinnig is die foutjies herstel, en die kwilt lyk sommer stukke beter. Maar dis nie al nie. Ek het ook verder gedink...die persoon vir wie ek hierdie kwilt maak is byne 2 meter lank. Alhoewel die kwilt 'n bree rand kry, het ek gedink dis beter om die fokuspunt te vergroot...

The wonderful dream is now reality and you are starting to think straight. All the little mistakes are quickly repaired and the quilt looks much better. But that is not all. I thought a bit further...the person for whom I am making this quilt, is nearly 2 meters tall. Although the quilt is getting a broad border, I thought it a better idea to make enlarge the focal point...

 Na die regstellings / After the adjustments
 
Bietjie ekstra bygesit / Additions

Deur die ekstra ry blokke by die voeg, het ek die materiaal wat ek sou mors (deur dit te verwyder met die regstellings) gebruik. Dus spaar ek materiaal!

Dis natuurlik net die begin, maar dis die belangrikste gedeelte van die kwilt se vorming. Nou kan ek agter die naaldwerkmasjien inskuif, en hierdie stukkies lap aanmekaar begin vaswerk.Hoera!

Nou is ek eers moeg met lappies gespeel. Moet seker begin met aandete...Tot later!

By adding the extra blocks, I used the fabric that I would otherwise have wasted (by removing them with the adjustments). Thus, I saved fabric!

This is of course only the beginning, but it is the most important part of the quilt's formation. Now I can move in behind the sewing machine and start sewing these pieces together.Yippee!

Now I am done playing with fabrics. I suppose I need to get dinner started...Until later!